Woensdag 16 Maart 2016

Die 10 Beste Aanlyn Stroombaan Simulators

Hierdie is 'n lys van gratis programme vir elektroniese stroombaan simulasie in die web wat baie behulpsaam en nuttig vir jou kan wees. Die stroombaan simulators wat voorgestel word hoef nie op jou rekenaar afgelaai te word nie, hulle kan direk vanaf die web gebruik word.

1. EasyEDA elektroniese stroombaan ontwerp, stroombaan simulasie en PCB ontwerp:
EasyEDA is 'n wonderlike gratis aanlyn stroombaan simulator wat baie geskik is vir almal wat 'n liefde het vir elektroniese stroombaan ontwerp. Die EasyEDA span streef al vir 5 jaar na die totstandkoming van 'n komplekse ontwerpings program op 'n web-gebaseerde platform, en 'n wonderlike instrument vir gebruikers daarvan. Die sagteware-omgewing verskaf skematiese ontwerp en die analiseering van stroombaan bewerking deur simulasie. Wanneer jy seker gemaak het dat die stroombaan funksie goed is, kan jy gedrukte stroombaan borde skep met dieselfde sagteware. Op die webwerf kan jy talle projekte en elektroniese stroombane vind wat deur ander gebruikers gemaak is en gebruik daarvan maak omdat hulle openbaar is. Daar is 'n nuttige handleiding wat die belangrikste kenmerke van die program verduidelik, wat dit maklik maak om te gebruik. Dit het ook 'n paar redelik indrukwekkende  invoer (en uitvoer) opsies. Byvoorbeeld, jy kan lêers in Eagle, Kicad, LTspice en Altium Designer invoer, en lêers in .PNG, of .SVG uitvoer. 

2. Circuit Sims:  Dit was een van die eerste "open source" web-gebaseerde stroombaan simulators, dit is 'n uitstekende hulpmiddel vir beide studente en elektroniese entoesiaste. Ongelukkig het die ontwikkelaar die projek nie verder gevat om die kwaliteit te verbeter en die "graphical user interface" te versterk nie.

3. DcAcLab  het visuele en aantreklik grafika, maar beperkte stroombaan simulasie. Dit is beslis 'n goeie program vir onderwys, baie maklik om te gebruik. Dit laat jou die komponente sien soos wat hulle gemaak is. Dit laat nie toe dat jy die stroombaan kan ontwerp nie, maar is slegs net om te oefen.


4. EveryCircuit  is 'n aanlyn elektroniese simulator met goeie grafika. Wanneer jy by die aanlyn-program inskryf sal dit jou vra om 'n gratis rekening te skep so dat jy jou projekte kan "save" en 'n beperkte gedeelte van die teken gebied he om jou stroombaan te ontwerp. Om dit te gebruik sonder beperkings is daar 'n jaarlikse fooi van $10. Dit kan afgelaai word en gebruik word op platforms van Android en iTunes. Die komponente het 'n beperkte vermoë vir simulasie met SPICE minimum getalle. Baie maklik om te gebruik, dit het 'n groot stelsel van elektroniese ontwerp. Dit laat jou toe om simulasie in jou webblad in te sluit.


5. DoCircuits  Hoewel dit mense die eerste indruk van verwarring oor die webwerf laat, bied dit talle voorbeelde aan oor hoe die program werk, sien vir jouself op die video "get started in five minutes". Die afmetings van die parameters van die elektroniese stroombaan vertoon met realistiese virtuele instrumente.


6. PartSim is 'n aanlyn elektroniese stroombaan simulator. Dit is goed met SPICE simulasie. Jy kan elektriese stroombane teken en toets. Dit is nog 'n nuwe simulator so daar is min komponente om simulasies te maak.


7. 123D Circuits  'n Aktiwiteit program wat ontwikkel is deur Autodesk, wat jou die stroombaan laat skep, dit sien op die "breadboard", gebruik van die Arduino platform maak, die elektroniese stroombaan simuleer en ook die PCB skep. Die komponente vertoon in 3D in hul werklike vorm. Jy kan die Arduino direk program vanaf hierdie sagteware simulasie, dit is werklik indrukwekkend.


8. TinaCloud  Hierdie simulasie program het gesofistikeerde vermoëns. Dit laat jou toe om te simuleer, bykomend tot die normale gemengde sein stroombane, mikroverwerkers ook, VHDL, SMPS kragbronne en radiofrekwensie stroombane. Die berekeninge vir elektroniese simulasie is direk uitgevoer op die maatskappy se server en het 'n uitstekende simulasie spoed.


9. Spicy schematics  is 'n kruis-platform sagteware, alle platforms is gedek, insluitend iPad.
10. Gecko simulations  is 'n simulasie sagteware wat spesialiseer in "open source" en kragtoevoer stroombane. Met hierdie program kan jy ook die termiese prestasie van die stroombaan bekyk. Hierdie sagteware is 'n "spin-off" van ETH (ETH Zurich).


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking